|
Waterverf is die toepaslikste van alle verfmediums. Wanneer 'n mens hierdie tegniek ken, kan jy kleur met gemak oral in beperkte tyd en ruimte gebruik, sonder die rompslomp van skoonmaak.
Jy word voorgestel aan verskillende tipes waterverf en verskillende grade en soorte waterverfpapier. Alles wat jy leer, pas jy prakties toe in die ateljee en in die buitelug. Jy raak vertroud met -
• portret
• landskap
• figuur
• stillewe
• abstraksie
• toepaslike kunsgeskiedenis
|
|